Ek/ons aanvaar mede verantwoordelikheid om Provinsiale RPO te befonds. Daarom magtig ek/ons enige lewendehawe-agent,voerkraal,afslaer of abattoir, waar beeste, skape of bokke wat aan my behoort, verhandel of geslag word, om die vrywillige bydrae van my/ons te vorder en aan die betrokke provinsiale RPO oor te betaal.
Ek/ons is daarvan bewus dat hierdie vrywillige bydrae tans 0.3% (R3.00 op R1000) van die bruto transaksiewaarde plus BTW verteenwoordig, 0.28% hiervan aan die provinsiale RPO oorbetaal sal word terwyl 0.02% as administrasiefooi aan die invorderingsagentskap betaalbaar is. Ek/Ons stem toe dat hierdie bydrae deur ’n besluit van ’n kongres van Provinsiale RPO aangepas mag word. (0.3% = R3.00 op R1000)
Ek/Ons is daarvan bewus dat hierdie volmag te eniger tyd skriftelik herroep/teruggetrek kan word. Ek is bewus van en stem saam dat die RPO Noord-Kaap toegang het tot my inligting en dat dit in ’n databasis gestoor word. Ek/ons wil graag inligting vanaf die RPO Noord-Kaap ontvang oor RPO aangeleenthede hetsy per epos of WhatsApp.